++Welcome to the-white-wolfs another Homepage on the web,about South Africa,The Early History of South Africa ,the Cuture of the Boere Volk, The White Genocide and let the World Help to Stop and Support the White Farmers and stop the Killing of White Farmers Of South Africa . A Homepage to share for Young and Old .And can also be used for school Projects++
Andy Dezius - Senior Webmaster
Andy Dezius Grafic Designer and Homepage Layout Pictures of The Voortrekkers and History of South Africa



 


About THE WHITE WOLFS
The-White-Wolfs is a Homepage and Website based on SOUTH AFRICA and THE GREAT TREK ,The Life Of the Boere Volk and Many other Websites,Like Links,Gifs,Wallpapers.

the-boere-volk

Vierkleur Poems





 

 No longer may the Vierkleur wave, 
in tears we gave it up, 
it has been buried with our braves 
sunk into an honourable grave 
it has been buried with our braves 
sunk into an honourable grave. 

Happier those who fell 
when still the Flag was borne, 
than us who had to see and mourn 
it dragged into the dust 
than us who had to see and mourn 
it dragged into the dust. 

No happy morning for it there, 
we part from it forever 
now resting in the Nation's heart 
and dedicated to the Past 
now resting in the Nation's heart 
and dedicated to the Past. 

Blessed to those who bore it boldly 
to brave the prideful foe 
whose feeble arms to it did cling 
as they went to their death 

whose feeble arms to it did cling 
as they went to their death. 

Let Future Ages never forget them 
as long as men endure 
till even Heaven is outworn 
and Earth reels before its fall, 
till even Heaven is outworn 
and Earth reels before its fall.


Furl the fourfold banner,
Lay that flag to rest;
In the roll of honour –
The brightest, bravest, best.
Now no hand may wave it,
O'er valley, pass or hill;
Where thousands died to save it –
The patriot hearts are still.

It flew o'er proud Majuba,
Where the victor farmers stood:
O'er the tide of the Tugela –
Dark-dyed with hostile blood.
On Stormberg passes glorious –
And o'er Ma'rsfontein* height, –
Wher Cronje's host victorious
Withstood the British might.

But a prouder grander story
Is the record of the band,
Which surpassed all former glory,
In the latest greatest stand.
When ten to one outnumbered –
Of hope and help bereft,
On ground with graves encumbered,
Defenders still were left.

There were hero hearts to lead them,
On the path where death was won;
To float the flag of Freedom
Where the eagle sees the sun.
To keep the Vierkleur flying
On every fortress hill;
From the cold clasp of the dying
There were hands to sieze it still.

O Land, so fondly cherished –
Endeared by patriot graves, –
The soil where such have perished
Is not the soil for slaves.
From age to age your story
Shall sound to other days:
You leave your sons the glory
That fallen flag to raise.

O sacred smitten Nation,
Crowned on thy Calvary,
There's a day of restoration –
An Easter Morn for Thee.
Vierkleur, young hands shall grab thee –
New armies round thee stand;
Men whose fathers died shall clasp thee
On the blood-bought Burghers' Land.


Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is – in Afrika

Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied

Ek is van Afrika
Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe

Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink
Volg my polsslag die ritmiese klop
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’

Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke



Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar ek die son op my rug voel skyn
En die sand tussen my tone speel
Waar ek die seemeeu op die windjie hoor
En golwe op eindlose strande breek

Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die berge die blou lug ontmoet
En valleie die groen wingerde huisves
Waar bome hul pers kleed sprei
En die bosveld sy room kleed dra

Ek weet van ‘n plek in Afrika
Waar die dondergode hul stemme laat hoor
En sien ek hul weerligspiese neerdaal
Waar ek die reuk van reenwolke intrek
En die soet van die stowwerige doudruppels proe

Dis ‘n wildernis, die plek
Van Evolusie en dinosorusse
Waar lewe begin het, hier was die eerste mens
Van lewende fossiele en olifante
Waar leeus brul en springboktroppe spring

Dis die plek van swaarkry
Van woestyne en doringbome
Waar paaie doodloop en jagters jag
Van horisonne en grense
Waar reise begin en sonsondergange bloei

Dis die plek van vryheid
Van ontdekkings en pioniers
Waar donkerte geskuil – en die lig deurgebreek het
Van ware legendes en wonderwerke
Waar dagbreek begin en hoop helder brand

My hart is tuis in Afrika
Waar die tromme se ritme in my klop
En tydlose liedere in my ore sing
Waar die reenboogmis in my oë skyn
En vriende se glimlagte my welkom heet

My gedagtes ontspan in Afrika
Waar die mense na aan die aarde leef
En seisoene die veranderde gemoed aandui
Waar besige markte handel dryf
En die Skepping sy stadige gang steeds gaan

My siel is gelukkig in Afrika
Haar strome bring lewe in my are
Haar winde bring genesing vir my drome
Wanneer haar verhaal vertel is
Verenig dit in ons noodlot.

Ek sit met gedagtes wat loop
gedagtes van hartseer tot by die bo-loop
van gister, gister se nadraai
van herinneringe wat is – oorlaai
Gister se herinneringe – vars in my geheue
en ek koester die seer in my hart gedweë
ek wil onthou, onthou die mooi
wat nie meer in my is – die mooi
Die bedding van my hart
is deurtrap en bekrap
met spore van ink
van gedweë en dink –
ek het nog nie gevind
die liefde wat wink
Vandag, na gister – vandag
‘n dag van liefde en lag
Verby is die seer en terug die lag
ek’t gevind die liefde van my hart!
Liefde wat gewink het
wat ek gevind het
in aandskemering
tot in die môre – volbring!
Vandag, na gister – vandag
met ‘n hand vol sterre
sien ek in die verre
net die geluk in pag!

Alleen wandel ek
soos ‘n los-wolkie
wat sweef oor hoë berge,
heuwels, valleie en dale
Skielik sien ek ‘n plaat Affodille
‘n blink-geel, songeel,
goudgeel versameling
wat skitter en skyn
langs die meer onder die bome
swewend en dansend
buigend en juigend
nÁ die Somerreëns

Langsamerhand – soos die sterreskyn
Glinsterend – soos in die Melkweg-lyn
Al langs die kant van die baai
Vang my blik die verruklike dans
die aanskoulike geswaai
van koppies wat draai
onder die hange van ‘n krans

 

 

Ver-weg op my rusbank
lê ek uitgestrek
Langsamerhand weerkaats
die dansende skynsel
in my binne-oog
Die opgewondenheid van alleen-wees
vervul my hart met plesier
en ek dans die dans!
van die blinkgeel, songeel,
goudgeel, bly-geel Affodille!

 

Ek is van Afrika
Nie omdat ek daar gebore is
Maar omdat my hart met Afrika klop
Ek is van Afrika
Nie omdat my gelaat donker is
Maar omdat Afrika my gedagtes omgrens
Ek is van Afrika
Nie omdat ek van haar leef
Maar omdat my siel tuis is – in Afrika

Wanneer Afrika oor haar kinders ween
Is my wange deur traandruppels deurweek
Wanneer Afrika haar voorvaders eer
Buig my hoof in respek daarheen
Wanneer Afrika oor haar slagoffers rou
Is my hande in gebed gevou
Wanneer Afrika haar oorwinnings vier
Dans ek op die maat van die oorwinningslied

Ek is van Afrika
Met haar asemrowende ylblou lugruimtes
Laat sy die toekoms skitterend skyn
Ek is van Afrika
Waar ek gegroet word asof familie
En ek ervaar die gevoel van meervoudig
Ek is van Afrika
Want haar wildheid bring vertroosting vir my siel
En bring my nader na die bron van Lewe

Wanneer Afrika-musiek in die wind weerklink
Volg my polsslag die ritmiese klop
En word ek een met die klank
Wanneer die Afrika-kleure in die son glinster
Verdrink my sintuie in haar reënboog
En is ek die natuur se pallet
Wanneer die Afrika-verhale om die vure op-klink
Volg my voete hul tydlose ‘wink
En is ek die spore van die verle’

 

 

Ek is van Afrika
Want sy’s die krip van geboorte
En troetel die oer-oue wysheid
Ek is van Afrika
Want sy leef in die skadu van die wêreld
En brand met ‘n gloeiende inspirasie
Ek is van Afrika
Want sy is die land van môre
En ek eer haar tydlose geskenke

 

 

Ek sak my hoof en oordink my vreugde
Ligsinnig verkrummel ek
die verdroogde blare
in my Afrika hand en ‘k laat
dit waai soos kaf in die wind
Dit smee my gedagtes mee
met die onrus in my hart
wat bly groei en bloei
Waarom verpletter ons die volke
van hierdie aarde?
Waar’s die regeerders
van hierdie wêreld?
Ken hul nie Sy toorn?
Offers bring en oë opslaan
uitroepe van “wees ons goedgesind!”
weerklink in my smekende gedagtes
Sal ons ooit die Tempel binnegaan?
Ek luister na my gedagtes in die mÔre
en laat die moordenaars en leuenaars
deur Hades swerwend dryf
hul ontmoet die gelag van Charon op Styx
Nooit sal hul die Elisiese veld bereik
Nóg betowerend; nóg kan in delf
Hul egosentriese voorland:
Tanatos!
Sál hul ag slaan op my geroep?

 

Dit is soos gister
dat my gedagtes swerf
op golwe van stormwinde;
ongesiens, verwyder dit
die eind’lose groenbedekte
ystergrendels van my hart

Verstommend genereer dit
beelde uit lande
versamel van die Ooste en Weste
die Noorde en van die see af
- ‘n half herwonne reis

Diep onder lê ‘n sluimerende stilte
ontsnapte krete reën om my
helder buitelyne van donker oë
kruis my lewenspad
en ek huiwer

Hunkerend na ‘n somers-motreën
blomruigtes, onweerstaanbare weerligstrale
waterfonteine, ‘n ontnugterde haelbui
Vind jy my siel op haelwit wolke

 

 

Ja, soos gister
stap ek deur die Dorsland
met lofoffers
en êrens omhels die broosheid
die gedagtes van my siel.

 

Totius….translated (originally: O! Die Pyngedagte)

Oh the painful thought: my child is dead!
It burns like a dart in my flesh…
People don’t see anything….
Only God knows my suffering!

Days come and nights go
Shadows grow tall and short
Behind me, the echo of my work’s moving spirit;
and I… continue my way to the cross

But then, a pain poked through my heart!
so much, the brilliance of my life disappeared;
Your child is dead; died a horrible death!
And I clenched my chest due to the pain…

Oh the thunderbolt-thought!….yes, beloved child!
One flash of lightning scorched your tender body,
but numerous thunderbolts burnt my heart
and left it …. bleeding

She was so tender, like a butterfly …
She glided lightly about;
A breath of wind could damage her tiny wings
and…what a death she died!

Few children die like this
only one in ten-thousand!
and oh!…It’s my little girl..
witnessed by me…. and died in my arms!

 

 

Oh the painful thought: my child is dead!
It burns like a dart in my flesh…
People don’t see anything…
Only God knows my suffering!
translated by….

 

Ek wandel op paaie van herinnering
in die laataand van my skemering
seer is die felle herinnering
opgewonde die blye ontmoeting

Ek klop aan die deur van smart
ek het nie vergeet die liefde van my hart
en drink soms die beker van smart
wat soos kanker bly vreet in my hart

Ek steek nie al die kerse aan
die brand — jy sal verstaan
as jy laat in die aand
net een kry wat brand

 

 

Net een wat steeds brand
vir ons liefde se stand
wat lank nie is: bestand
teen die wette van vanaand

 

Die taal wat ek liefhet
Afrikaans
Die taal wat ek praat
Afrikaans
Die taal waarin ek dink
Afrikaans
Die taal waarin ek droom
Afrikaans
Die taal van my hart
Afrikaans
Die taal wat ek koester
Vir nou en altyd
Afrikaans
Jy is myne
Afrkaans
Jy is nou
Afrikaans
Jy is besonders
Afrikaans
Jy is uniek
Afrikaans
Jy is getrou
Afrikaans:
My denke
My wese
My lewe!



     

In die skadu’s
van die groot ou Eik
stoot ek weer in die sand
Boeta se karretjies een-vir-een
‘is verstommend hoe die mierleeus uit hul tonnels
krioel met kierang-hier en kierang-daar

Langs die waterval
sit ek, halfbewus
my gedagtes vind perspektiwiteit
en rol ragfyn ligstraaltjies voor my uit
op die kabbellende water

Op die meulwiel van vervloë
versamel ek babakatjies
pas gebo’, versteek
teen elemente daar buit’
en ek streel die sagtheid
wat ek koester
verder op my reis

Ek verdwaal tussen rante
soekend na onweerstaanbare
toktokkies en miskruiers
‘k neem ‘n honger teug
uit die kom van fluisteringe
“ons-vir-jou-ons-vir-jou”

Hoe sal ek jou kan vergeet
jou alledaagse ontwykende
en eindlose horison
onwetend
bly jy daar vir my
en ek vir jou
Hoe kán ek dan
Vergeet van: “ons-vir-jou”…?

 

 

Ek’t my hart verloor in die skadu’s
Van ‘n reënerige Oktober-oggend
Die lug was stil en swaar
En die son steeds ongebore
Die afgeleë lied van ‘n eensame voel
Kras deur die stilte van my gedagtes
En brand ‘n afdruk van eensaamheid
Wat nie weggedink kon word nie
Moet ek onthou
Kan ek vergeet?
Die fragmente van ‘n verlore lewe
‘t kan nie heel
Ek peins oor die betekenis van
Hoe en waar en waarom.

 


As kind het ek
die punte van my siel
laat ploeg in die akkers
waar mensestemme
voorheen opgeklink het

Skrams het ek gevoel
hoe die tuimelende bergstilte
‘n deursigtige telegram
van vrede laat deursypel
na die binnekamers van my hart

Die diggeweefde bergstilte het
spatsels waterdruppels moeiteloos
in my gemoed afgeprent
en ek smag na die
holtes van my gedagtes

My fire and I are on guard
My fire and I alone
the evening star
winks from afar
and the fields slumber about

And the day dies impedingly slow
like somebody left in need
unnoticed, unesteemed
without a sigh or laugh
where nobody knows or speaks

Now the air about
in silent worshipping dwells -
no chiming bells
that count the hours:
only the stars that come and go

The oxen, with their heads bowed
Ruminate in the silence of the night,
till one by one
Lies by its yoke
with a sigh after a day’s goad

My fire is all that burns with me
in the endless space
and its little voice wander
like an untold melody
days without end

the young blissful morning
with enliven bygone laughing
Then I feel a tear
in my eye  – it’s near
and I whisper: “God, forgive!”

The sleeping fields lie broad
and broader the dark sea
that separates my fire
and myself tonight
from the world’s happiness and woes

I know there’s a feast tonight
in many glorious halls,
not one to miss me
at the dance or dish -
an exile forgotten and lost

 

 

But even if I am, far from the crowd,
in solitude
I feel myself like one
with God alone
a contented child close to His heart.

 
 
 
 
My vuurtjie en ek is op wag –
my vuurtjie en ek alleen;
die awend-ster
wink al van ver,
en die velde slaap omheen.
 

 

En stadigies sterwe die dag,
soos een in sy armoed verlaat,
ongesien, ongeag,
sonder suggie of lag,
waar niemand van weet of van praat.

Nou bly die lug alom
in stil aanbidding staan –
geen tampende bel
wat die ure tel:
net die sterre wat kom en gaan.

Die osse, met koppe gebuie,
herkoue nog stil in die nag,
tot één vir één buk
en gaan lê by sy juk,
met `n sug, ná die trek van die dag.

My vuurtjie is al wat nog leef
in die eindeloos ruim met my,
en sy stemmetjie dwaal
soos `n deuntjie wat draal
om dae lank verby,

om jonkheids blye môre
en laggies lank verlewe.
Dan voel ek `n traan
in my oë staan
en ek fluister: “Heer, vergewe!”

Die slapende velde lê wyd,
en wyer die donker see,
wat my vuurtjie en my
vanawend skei
van die wêreld se vreug en wee;

ek weet daar`s fees vanaand
in menig verligte saal,
maar geeneen wat my mis
by die dans en die dis -
`n balling vergeet en verdwaal.

 

 

Maar al is ek, ver van die skaar,
in eensaamheids wonings getrede,
ek voel my soos een
met die Heer alleen –
`n kind aan Sy boesem tevrede.

 

 

 

 

Soms, op die helderste,
Mees perfekte dag,
Mag ‘n kombers van donkerte
Na jou kant vaar
Om te versmoor – die gawe van geluk
om te vernietig, oorwin en verswelg
Weet dat ek altyd hier is aan jou sy
Geen woord is nodig as ons gedagtes deel
Donker dae sal weer sonnig wees
En gou verdwyn
‘n  Vertroostende wete
Wat behoue sal bly
vir nou en vir ewig!

 

 

 

 



bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

 

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

“Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver.”

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd’ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia’s
vrind’lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

“Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan.”

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
“Spaar hom, hy’s so klein nog,” smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
“Sterf of gee die wit kind hier!”
“Oor my lewelose liggaam …”
antwoord Amakeia fier.

“My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas.”

“Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!”
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
“Tula – Tula – stil, my kind!”

 

Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus

Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart

O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes

Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee

En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed

 

 

Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy -
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!

 

 

 

 
Son in die suide
WOUDE – WOESTYNE
grasveld – groot berge
Kranse en klowe
koue Sutherland
warm Phalaborwa
Noordkus
Weskus

 

Soos ‘n web
almal ‘n dag uitmekaar
altyd iets iewers te doen
weer net mooi reg

Mooiste dagbreek
heritage my herkoms
herwaarts of derwaarts
orals waar jy reis
nooit kan jy genoeg kry
van die bestemming so vry
soos ‘n web met ‘n knoop
my Suid-Afrika!

   
  Die Vierkleur
http://www.volkstaat.net/index.php?limitstart=100
 
     

   
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     
     

       







  



    




 












This Homepage & Website Grafics Layouts and Homepage css Layouts may not be copyed or Downloaded,Copyright 2024 all Rights Reserved to the Senior WebMaster A Dezius and Grafic Page Desigher A.Dezius. belongs to the-white-wolfs.de.tl in Germany
=> Do you also want a homepage for free? Then click here! <=