Die Vierkleur
|
|||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Vaarwel aan die Vierkleur
|
when still the Flag was borne,
than us who had to see and mourn
it dragged into the dust
than us who had to see and mourn
it dragged into the dust.
No happy morning for it there,
we part from it forever
now resting in the Nation's heart
and dedicated to the Past
now resting in the Nation's heart
and dedicated to the Past.
Blessed to those who bore it boldly
to brave the prideful foe
whose feeble arms to it did cling
as they went to their death
whose feeble arms to it did cling
as they went to their death.
as long as men endure
till even Heaven is outworn
and Earth reels before its fall,
till even Heaven is outworn
and Earth reels before its fall.
- Die Vierkleur van ons dierbaar land,
- die waai weer oor Transvaal
- en wee die Godvergete hand,
- wat dit weer neer wil haal!
- Waai hoog nou in ons helder lug,
- Transvaal sy vryheidsvlag!
- Ons vyande is weggevlug,
- nou blink 'n blyer dag!
- Met lae lis haal Albion
- ons vlag verrad'lik neer,
- en doen toe net al wat hul kon,
- dat ons hul vlag moes eer:
- "Ons sou dan alles daarby wen,
- 'n telegraaf en spoor,
- as ons die rooivlag wil erken".
- Maar dit wou ons nie, hoor!
-
- om weer ons land te kry:
- "Ons vra jou, Brit, geen goed of kwaad;
- gaan weg en laat ons bly!"
- Maar toe die Brit ons nog vererg,
- toe vat ons die geweer.
- Ons was al lank genoeg geterg,
- nou kan ons tog nie meer.
- En met Gods hulp het ons
- die juk van Eng'land afgegooi,
- ons is weer vry, geluk!
- Geluk! Nou waai ons vlag weer mooi!
- Dit het ons heldemoed gekos,
- maar Eng'land nog veel meer,
- so het die Heer ons weer verlos,
- ons gee Hom al die eer.
SIMBOLIEK | ||
|
||
GESKIEDENIS | ||
|
||
AMPTELIKE BESKRYWING | ||
|
Suid-Afrika: my land
Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus
Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart
O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes
Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee
En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed
Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy -
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, —
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet — geen weerbaar’ man, —
Die lewe hulploos slyt.Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag —
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag —
Ek sal daar nie meer wees —,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai —
En . . . Heer, ontvang my gees !AG VISSERAdam Small se gedigte [spesiaal ook vir Bets - op haar versoek op die 'About' bladsy]
|